Thursday 28 July 2011

eerste brief huistoe


dis wragties 'n huge job om huis op te sit, en dit in een wat presies die
helfte is van die vorige een se opv.
net 'n paar goed:

Die wat so bevoorreg is om 'n ander vrou in die huis te he wat die
kombuis netjies hou, die vloere mop, die wasgoed was, ophang, afhaal,
opvou, stryk ens., die skottelgoedmasjien pak en leegmaak, die matte
stofsuig en die badkamers skoonhou: Gaan dink baie mooi of sy genoeg
vergoed word vir dit wat sy vir jou werd is.

As enige-iemand hierdie winter kla dat dit daremregtig nou te koud is in
Pretoria: Spare a thought vir  Canberra. Waar die dagtemperatuur in die
winter nie sommer oor 11 grade gaan nie, en die nagtemperature daagliks -5
is en jy wakker word met ge-ysde vensters. Ons het verlede week sulke koue
beleef maar genadiglik is dit darem die week weer heeltemal lekker en meer
Herfs.

As daar 'n ouma naby is wat kos, beskuit, koekies en allerhande ander goed
aandra en mens soms teen die mure wil uitdryf... dink aan wat dit is om
jou eie mamma en jou kinders se ouma naby te he. So naby dat mens soms aan
haar kan vat.... en dat as jy haar nodig het jy haar kan bel. Enjoy my
vriendinne.

Ancke slaap saam met die boetas, pens en pootjies in hulle beddens wat
in elk geval ok maarstyf teenmekaar in een kamer ingeprop staan.

EK dink my huis lyk so lekker gesellig, maar dit KLEIN girls.
Geniet julle ruim huise.
Hier is daar plek vir die bed en een ander meubelstuk. DIs al.
Die kombuis is klein en alles is maar styf ingepak.

Dis baie stowwerig hier, want die bome ( o die allermooiste bome in die
wereld) is vol in herfsglorie.
Dis net blare waar jy kyk.
En dit word natuurlik weer stof.
Hier is ook baie water... die meer is vol verrassings, en alomteenwoordig.
Ons het die dorp al mooi verken en hier si so baie mooi en interessante
plekke, as ek nou net my fiemies-kinders kan uitsorteer dan kan ons baie
lekker piekniekplekke uitprobeer. Ons gaan juis vandag lekker ver fietsry,
as Herman net eers sy bande met punctures reggekry het.

SYdney is een van die hoogtepunte!
Sjoe dit is MOOI.
Die operahuis, die brug, die toring, die museums die strande... sjoe,
sjoe, sjoe.
Ons het in drie ure daarheen gery en sommer oorgeslaap in 'n motel. Die
undergrounds is great en die ferries is fantasties. Die water is oral. Dit
net so "good-looking" en skoon en energiek, en die mense is almal Maer en
fiks. Hier in die "platteland" is dit biki valer, en vetter.

Kos is hier baie. Net duur. Alhoewel sommige goed weer so goedkoop is.
Groente en vrugte is egter peperduur. $3,00 per komkommer (maal 7!!)
Piesang is $15,00 per kg.
Maar hier doen hulle weer iets wat baie handig is in die winkels. Alle
pryse hetsy blikkieskos, kartonverpak of vars produkte se prys word
onderaan in $/kg of $/100g aangedui.
So kan mens so maklik pryse vergelyk.

Sjoe, die kerk is nogals 'n aanpassing, maar mens is baie aanpasbaar, en
ek begin nou al daarvan hou. Herman se eerste preek was 'n moviese sukses,
sy Engels was wonderlik en die PaasSondag diens was sooo fantassties.

Ons pelle van Mooikloof ( Bertus en Lynette) wat nou in Brisbane bly was
vir die naweek hier en ons het lekker ge-eet en gekuier