Tuesday 20 September 2011

waar om te wees in 'n noodsituasie

Al ooit gewonder of daar enige plek op aarde is waar “nood-planne” in “nood-situasies” regtig inskop en/of werk?
Ek onthou nog daai wonderlike aankondigings dat ons nou eers die noodplan gaan oefen en dan moet die hele skool al giggelend die skool ontruim, en ge-orden rugbyveld toe stap, daar is ‘n “bom”. Yeah dan kry ons ‘n break om aan te jaag. EK meen te sê wie op aarde gaan dink aan wat die regte manier is om as ‘n groep normaal en ordelik op te tree as daar regtig ‘n bom ontplof, of ‘n brand uitbreek. Almal gaan so vinnig moontlik net snol vir die uitgang! En die gebruiklike ou grapmakers gaan eers rondstaan en kyk of daar nie iets regtig snaaks is waarvoor hulle die situasie kan uitbuit nie. EK moet sê ek het al by tye self koud geword as ek wonder wat sal ek en my gesin aanvang as so iets hier by ons huis moet gebeur soos ‘n brand of so... as ek net sien hoe die lede van my gesin heeltemal vries en verstar as daar iets gebeur soos ‘n beker warm koffie wat op die mat omval.... wel dan vertel ek maar vir myself soos ek altyd doen as ek nie die antwoord het nie “we’ll cross the bridge when we get there”.
Die hengse lang aanloop is om te vertel dat ons net reg was om skooltoe te ry vanoggend toe ons ‘n foon-oproep kry: Geen skool vandag nie, daar is ‘n Chemical fire in die omgewingen die skool is gesluit. Ons gaan toe almal aan die giggel vir die vreeslik oordrywende Aussies. In die kar hoor ek dat  al die skole aan die noorde kant  -van die meer- vir non-Canberrans, (en ons bly suid) gesluit is, en busdienste is opgeskort, en selfs die Maccas (MacDonalds-vir non-Canberrans) is gesluit.  By die werk gekom moet ek toe hoor dat almal wat aan die noorde kant bly tot DRIE sms’e gekry het deur die nag van die Brandweer-dienste af, met waarskuwings om die vensters en vents toe te hou en nie uit hulle huise te kom vir die dag nie. Nou goed, dis ernstig. So ek kyk toe en lees daar was groot dromme transformator-olie en sodium-poeier wat ontplof het en dat daar 20-30 ontploffings was binne 35 min. Die brandweermanne moet skoon rittereer, dit was te erg. Sjoe!
Die groot vraag is , waar op aarde het jy al van ‘n gerekenariseerde en tele-ge-koordineerde databasis gehoor wat so op datum is, dat dit die hele lot huis-eienaars van elke moontlike voorstad in die noorde bereik kan word in ‘n noodsituasie en binne minute oor die gevare en genoodsaakte optrede  ingelig kan word per sms (skuus text)???
Net in Canberra.... die mees burokraties ontwikkelde plek in die wereld!!!! wat  nie deur mense nie, maar deur red-tape aanmekaar gehou word.

No comments: