Monday, 22 August 2011

Ek het my PIPS gekry!!

Great hê?! En neee.....dis nie ‘n rang nie. Nogals jammer want wie ‘n rang het , het die kans om te kan “rang-trek”. Maar heellaas nie.
 PIP staan vir “Parent Involvement Hours” en is ‘n oulike konsep wat Ancke se skool gebruik om ‘n soortvan “hidden Cost” in die skoolgeld in te werk. Ja elke ouer is verantwoordelik om 25uur se tyd aan die skool af te staan. Mens kan verskeie dinge doen om die ure “af te werk” soos kaartjies verkoop by die kermis, boeke oortrek (ja, hulle stuur die nie net huistoe met boetie nie, want dan lyk die groep s’n nie eenvormig nie!) waaraan ek 6 ure oor die naweek afgestaan het.
 En dan is daar die WORKING BEE, in die Collins Dictionary beskryf as “a voluntary group working together for charity”. Interessant. Dit was nie voluntary nie, maar uit plig. Nie charity nie maar vir die geldkas. Sien, as jy nie lus het vir die afsloof van die working bee nie, dan kan jy altyd die $35/h betaal in kontant (R511x25=R12 775) Nouja, nie die keuse wat ek met my salasris uitoefen nie. Toe gaan ek maar Saterdag-oggend 9h00 skooltoe . Ek dink Lettie sou geweldig trots gewees het op haar protégé. EK het gestofsuig dat die klap. Die skoolsaal is afgestof, gevee, daarna gestofsuig en ge-mop. Blink gelaat na 1,5 uur. Ons was 3. Daarna het ek die binnehof met besem aangedurf. Het julle onlangs plaveisel met ‘n groot besem bygekom. Man gym is onnodig. Met al die sand, blare, grond ander vuilgoed opge-graaf en weggedoen het ek die paadjies om die geboue aangedurf, en daarna ‘n hele vleuel se vensters gewas. Teen 13h00 het hulle die oggend gesluit verklaar en dank die hemel tog ook maar, want anders sou ek wragties nog stywer gewees het Gister. Dit het my sommer baie oud laat voel.
 Op die einste punt van oud. Die ouens oor die radio my stasie (Mix-1-0-6) het vanoggend hierdie interessante gesprek: wat maak mens “oud voor jou tyd”? Toe kom daar goed soos “transition spectacles”, sekere kleredrag en skoene met zippers... ja julle ken dit, daai pantoffel-agtige skoene met die gebreide bokante en die zipper voor-in-die-middel. En iemand sê toe nee dis daai stupid taalgebruik van die jongmense wat hulle crazy maak, en laat besef dat hulle nou oud word.
Ek is dus nou amptelik OUD!
Check this out:
Yeah, Sose to heeea bout the dramar yous had  in Tuggers theees arvo. Yeaaeh, awas totes a devo bout it!
Overgesetsynde: “So jammer om te hoor van julle ongeluk in Tuggeranong(voorstad) vanmiddag, ek was verpletter deur die nuus”
Sose, Totes, Yous, Devos.....
En  dan is daar maar net al die ander algemene “terme” en afkortings wat die mense oor die algemeen gebruik: Arvo (afternoon), Uni(university),  Subi(Subaru...almal se gunsteling kar), Lippy(lipstiffie), Sunny(sonbril), Ambo(ambulans), Salvo(salvation army), Maccaz(macdonalds), BYO(bring-your-own...dis nou as jy restaurant toe gaan, om jou eie wyn te bring), RBT(random breathelizer test...op die pad), Chewy(kougom), Chrissie(kersfees), Bottle-O(drankwinkel), Brizzie(Brisbane), Barbie(braaier), Cab-sav(rooiwyn), Exy(duur),
Man, in Pretoria sou ons sommer gesê het hulle is kômmin met ‘n k. O en die uitspraak is ‘n dolligheid. Soms mis ek heeltemal wat hulle sê omdat alles wat ons as “ ‘n” (e) sou uitspreek by hulle ‘n “ie” is. Soo bv. Die woonbuurt Flynn, wat hier Flieen is...dis crazeeee.
Elk geval hier is die bome nou die ene bloeisels. EK weet eerlikwaar nie hoe om daaroor te voel nie, want in SA het bloeisels daai opgewonde wip-in-die-stap-gevoel by my gebring, maar ons temperatuur was gister ‘n skitterende 10 grade en sover vandag het ons nog net tot by 11 ( van die voorspelde 13,5) gevorder. So ek werk nog aan die koms van die wip-in-die-stap.
Met al die by-kryery is daar ook nog al die verloordery. EK het my beste swart baadjie verloor, omdat mense hier so aandring daarop dat hulle jou baadjie vir jou ophang by die “coat rack”, en dan vergeet jy dit. Met die teruggaan op die spore het ek absoluut niks wysgeword nie. Ook het ek my valstanne (die “retainers”) probeer eksta skoonmaak deur dit in warm water met koeksoda te week. Toe ek weer wou insit, was dit ‘n paar nommers te klein gekrimp. Net $130 skade.
My arme ego het ook ‘n geweldige knou en verlies aan waardigheid oorgekom. Ons is besig met ‘n opleidingskursus in Revit, nuwe CAD-program, wat vir my ore aansit, en net met my brein REV as jy my vra. Die klomp jonges hier op kantoor het die grootste prêt, hulle dink dis ‘n plesierigheid, maar ek sukkel my aja af.
Michael het sy eerste oogtand verloor. Wat ‘n drama was dit die afgelope twee weke, omdat mens nie eers jou gewone stapelvoedsel van bake-beans kan eet as jou tand so los en geweldig pynlik is nie. Gelukkig verdwyn die pyn onmiddelik as dit visvinger-en-tjips-aand is. En wanneer daar roomys is weet niemand waarvan jy praat as jy seer-tand sê nie. Gelukkig het die tandmuis-cum-kerkmuis ‘n $5-noot in sy reserwes gehad vir die gebeurtenis.
Al die “verliese” inaggeneem gaan ek my gladnie daardeur laat beroof nie. Want net as ek wil murmereer dan onthou ek dat dit vandag nog net 11 slapies is voordat my liewe ouers kom kuier. Man daar kom die huppel-in-my-stap met oordaad terug!
Tot later!

Tuesday, 9 August 2011

ek MIS dit en mis dit NIE ek Mis dit

Nie te lank nadat ons weg is en hier aangeland het nie, het ek eenkeer vreeslik selfvoldaan vir my ma geskryf dat ek regtig niks mis behalwe die mense waarvoor ek so lief is nie. In haar groot wysheid merk sy toe op dat ek miskien moet stadig met wat ek mis en wat nie. ..“Gee tyd my kind”. Ja en daar sit ek nou. Riette het vir my geskryf ( ja Pretoria... as jule al ooit gewonder het of dit kan sneeu daar... daar is nou ‘n kans) en gevra: Wat mis jy en wat mis jy nie? Dit was enigmatiese woorde, want dit het my kwaai  aan die dink gesit. Noudat ek gedurig ingedagte is het ek besluit om te begin neerpen... en hier volg dit.

Wat mis ek:
ek mis Afrikaans
ek mis...
·         My huis, met wye oop areas, baie lig, groot kombuis, spenskas, dubbeldeure, bay-windows, tuin...stop! STOP!
·         Die grasperk...however klein
·         Lettie, nie vir die werk nie, vir die gesels, sy het my lewe wyer gemaak, sy is 'n amazing Christen.
·         Constantia Market Gardens... met Maria (my friend!!) Albert, John... en hope vars groente en vrugte, veral stroopsoet pyn appels, spanspekke, beet en Piesangs. Die pynappels hier is meestal suur. Die beet kos hulle gewig in goud, en die piesangs kos so R110,00/kg. Die rede vir die duur prys is die vloede in Queensland wat in Januarie bykans al die piesangplantasies uitgeroei het.
·         TAB, Water hier is lekker soet en drinkbaar.... maar Herman was mos maar kwaai oor sy “black gold”
·         Newlands Spar. EK het presies geweet waar is alles. DIt was so bekend, en ek het die mense wat daar werk geken, en hulle vir my, ons het altyd lekker gegroet!
·         Die uiters vriendelike dierbare swart manne daar by WaterGlen Postnet, waar ek al my stationary en printwerk gedoen het. Daar was altyd ‘n grappie, ‘n geselsie.
·         Menlopark Laerskool... en veral die lekker kuiers en gesels by die herwin, rooshek, bid-groep, en die juffrouens. Die swembad wat my laat dink aan somer.
·         Die reuk van die grasperk as dit gesny is deur liewe Gabriel, ja en hom ook.
·         Braaivleis... en alles wat daarmee gepaard gaan, veral Groenkloof Boerewors.
·         Ek mis Ocean Basket, Cappucinos, Tennisbeskuitjies en Mr.Sweet Nougat.
·         Ek mis Woolies vir kos, klere en veral kinderklere. Mr Price Home, Pepstores.
·         Ek mis Sarie-Kos, Idees-tydskrif,  Radio 702, John Robby, David O'Sullivan en selfs Jacaranda, veral Diane en Darren soggens... ek mis 'n sin vir humor
·         Ek mis die BlouBulle....daai gesigte wat soos eie vriende voel... Victor, Morne, Wynand... gits ek mis selfs ‘n paar Stormers en Sharks-gesigte!
·         Ek mis die aanddiens by Oosterlig, N.C. se Band.
·         Vol sinne met vol woorde: hierdie een verdien sy eie skrywe!
·         Politiek... by die kerk, die skool, die kantoor  in die land...ag noem dit!
·         My grootgenoeg ingeboude kaste en ruim en-suite badkamer.
·         My kinders se slaapkamers.
Wat/wie ek die meeste mis:
My mense, my ouers, my familie, ons vriende en my  vriendinne, my kinders se maats, en hulle ouers, en die swemmers se ouers, die mense in die gemeente, Herman se kollegas en die kerkkantoor-personeel, tannie Magdaleen en Tannie Janine.

Wat mis ek nie:
·         Die beams wat altyd gestel moet wees.
·         Die vullis wat net SOMS gehaal word, of soms vir ‘n paar ekstra dae daar staan
·         Die sluit agter jou,konstant.
·         Liewe Julius...
·         Fotos van dooie Renosters met gapende, bloedlopende  wonde aan hulle snoete en oumense wat huil deur blou en bloedbelope oë oor ‘n lewensmaat se dood.
·         Die tydig-en-ontydige gelui vban die voordeurklokkie, en dan staan daar een van die gereelde en soms net ‘n totale onbekende gesig van ‘n bedelaar, met of sonder ‘n lys. Nie dat ek omgegee het om te help nie, net dat daai gevoel van hulpeloosheid en die weersin om gekonfronteer te word met ander se hulpeloosheid midde-in jou goed-voorsiene lewenstyl....en die onwete of dit help of vererger?
·         Die taxis wat ‘n bestuurstyl van hul eie het.
·         Die pretensie van Pretoria-Oos
·         Die gedurige hoop dat daar weer ‘n job sal inkom.

Wat ek gaan mis as ek die dag Canberra moet verlaat:
·         Heldergroen, -blou en –rooi pappegaaie in die bome van my “tuin”. Groot vet wit Cockatoos met geel kuiwe wat vreeeeslik raas as hulle vlieg, ons eie hadedas.
·         Mense wat net so total en al “oor hulself gekom het”...wie gee om as jy in jou knypbroek wil loop, of ‘n hoed en pak wil dra soos my oupa het en dan ‘n pienk stootwaentjie wil stoot vir vyf kilometer, of daai ou wat sneeuski’s met wiele onderaan gebruik en homself op die fietspad werk toe “roei”.
·         Ziplock sakkies in ELKE grootte.
·         Die pas en wetsgehoorsaamheid op die pad en die verkeer (eintlik gebrek daaraan).
·         Aldi... my supermark.
·         Fietse... baie daarvan, vinnigers, stadiges, die met stoeltjies vir babas op, die met klein sleepkarretjies aan waarin kleuters saamry.... en hulle is veilig... niemand gaan hul platry nie... selfs op die snelweg.
·         Flat whites...filterkoffie met warm gestoomde melk...iets tussen 'n latte en Cappucino
·         Sentrale “ducted Heating” in die huis.
·         Commomwealth Bridge
·         Herfsbome
·         Geskeide vullisblikke
·         Katie...die blou Holden Zafira
·         Die feit dat dit o.k. is om te vergeet om te sluit
·         ‘n Halfdag-vyfdag-kantoorwerk.

Geezz louiiize.....EK beter nou stop en raak neuroties. Seeyalada. H

Monday, 8 August 2011

bush-capital

Hier is ek weer met nuus uit die nimlike Oz.

Vanoggend ry ek werk toe en vergaap my aan die besonderse name van die verskillende voorstede waardeur ek ry. Hoe klink die volgende vir julle? Weetangeera, Jerrabomberra, Narranda, Goonawarrara, Kajuligan, Narabunda, Yarralumla, Coleanbally, Ghungalin, Quaenbeyan, Majura, Tidbinbilla, Namadgi Woolongong, Ipima, Geeraween.... en so kan ons aangaan. My algemene afleiding is dat dit uit die Inheemse mense (Aborigine) se taal kom.
Die name klink egter baie meer kleurvol as wat die plek self is. Verlede somer was die eerste nat een na sewe maer jare van Verskriklike droogte. Dit het blykbaar regtig byna niks gereen behalwe sulke stofnat-buitjies vir die sewe voorafgaande jare nie. ‘n Mens kan werklik die effek daarvan nounog op die tuine en parke van die stad sien. Die bome is ook regtig nie iets wat die gemiddelde Suid-Afrikaner geweldig opgewonde sal maak nie. Meestal so ‘n donker Vaal-groen kleur, en nie baie dekoratief nie. Soos julle seker weet is Oz meestal bekend vir sy Eucalyptus bome. Daar is bv een plek in die botaniese tuine waar mens op so ‘n oop piekniekplek kan staan en op een slag 72 spesies Eucalyptusbome kan sien. Altesaam is daar oor die 600 spesies. Die koppie hier reg oorkant ons huis is heeltmal oortrek met ‘n seker spesie. Die donker-groen bome staan so dig opmekaar dat dit swart lyk. Gevolglik is die kop se naam Black-mountain.

Dan is daar die Blue Mountains. In New South Wales, maar steeds naby ons.‘n Gunsteling vakansie-destinasie vir baie, amper soos onse mense Drakensberge toe sal gaan vir ‘n vakansie. Sover klink die lot maar baie onkreatief met hulle naamgewing nê? Maar laat ek julle vertel. In die laatmiddag hang die “Eucaluptus-olie” in klein partikels so dig in die lug bokant die blue mountains, dat die van ‘n afstand af werklik blou vertoon. Die dat dit toe nou “Blue Mountains” heet.
Canberra staan juis bekend as die Bush Capital. En ek moet se dit maak dit vir my baie mooi. Oral waar mens by ‘n koppie of ‘n oop stuk skuinste verbyry, staan daar jong boompies met beskermende paaltjies en seil om. Om dit te beskerm teen die winde en koue. Hulle beplant en beplant. Ons het ook sommer twee arboreutums.

Eending wat ek nogals lag oor kry is die Wattle. As ek dink aan “wattle” dan dink ek aan die uitroeings-ekspidisies van die voortrekkers. Ai daai black wattles wat Pretoria so vervuil! Hier is dit egter...hou vas aan julle stoele... die nasionale blom. Ja daai goudgeel blomme is ons nasionale blom. Ek wens hulle het dit maar gelos soos dit was (tot drie jaar terug) toe die Waratah ons nasionale blom was. DIt is  nou ‘n mooi bleom, lyk baie soos die protea. Geharde rooi blom, pragtig.
En dan weet julle natuurlik dat hierdie plek in ‘n sprokiesparadys verander oor Herfstyd. Duisende bome, elk met sy eie herfskleur. DIs werklik besonders.
Genoeg nou eers oor die dorp, ekskuus stad..uh, hoofstad.

Kom ek vermaak julle deur julle voor te stel aan die mense in my nuwe kantoor. Ons begin dan maar by die voordeur en werk onsself deur na die agterkant van die kantoor toe.
Die kantoor is verdeel in twee dele. Fisies ook in twee dele maar heeltemal accessible van albei kante af... die grils in die Pepperment Room het net hulle eie voordeur met signage op.Die argitekskantoor (Small Qinton Coleman Architects... of soos hulle praat SQCA) en die Interieur ontwerp kantoor ({welcome to} the Peppermint Room... gebruik husky voice hiervoor). By SQCA is daar die twee kantoor-personeel-dames, twee direkteure, Een senior Architect, drie graduate Architects en EKKE. Net ek en die k-dames is van die vroulike geslag
EK is nie eintlik seker waar ek inpas nie behalwe dat ek nie meer deurgaan as Graduate nie, want ek was darem al in my lewe geregistreer (erens in die derde wereld ja)  maar mag ook nie myself architect noem nie, want ek is NIE by die AACA geregistreer nie.Die belangrike registrasie deel is ok steeds ‘n nagmerrie... maar vir ‘n ander dag. Suffice to say... dis nie net papierwerk nie, en hulle dink niemand anders is heeltemal so bekwaam as hulleself (lees “ons werklik oulike Aussies”) nie.
Die dames: Miss Gravity en die RSM. Almal wat erens in hul lewe tedoene gehad het met die weermag sal weet dat ‘n RSM nie die mees geliefde outjie op die basis is nie. Hy praat hard, afgemete en is IN BEHEER!! So ook ons geliefde Anette... aka Office Manager. Geez... sy’t een van daai oorstukke wat soos die Bluetooth-oorbelle lyk wat die ouens hier aan die beginjare in SA met hulle selfone gebruik het. So loop sy ( nee march) deur die kantoor en begin net skielik hier langs jou praat (nee bulder), dan het sy maar net die foon geantwoord. Sy’s nie so sleg nie, maar gaan gelukkig einde van die maand weg, en ek hoop ons kry dan iemand wat my nie soos ‘n skoolmeisietjie sal aat voel nie. Selfs by die Prayer meeting Maandag-oggend het ek gevind dat wanneer sy met die Here praat verander haar styl ooknie. Gelukkig kan niks Hom intimideer nie!
Miss Gravity het biki probleme met genoemde Gravity. Alles sak af na die gedeelte tussen die knieë en die diafragma. Tog snaaks, ek het 'n dubbelken, en bol-wange, en flabby bo-arms, maar party mense raak net op een plek rond! Shame Sy is die dierbaarheid van self, maar jy wil nie saam met haar in die kombuis betrap word nie. Al die massas maak dit blykbaar moeilik om die “lug” binne te hou. Sys is ook nie ‘n “miss” nie, maar ek is seker sy is jonger as ek, alhoewel haar tienerseun, ek skat hom so 16, nou al ‘n paar dae saam met haar kom om te help met die Archiving. Ai die omslagtige en presiese maniere van doen, maak dit moeilik vir eens mens om deur alles te kom.

Dan is daar die ander manne Softly, Murray ek weet nog nie so lekker van hom nie, Arnie- Soos in Arnold Schwarzenegger, Herr Hahn, Flynn McMissile,  en ...good onya Darren!!! Die girls langsaan is : Atomic Bomb, Psycadelic Flower, en dan is daar Penny en Katrina wat net nou-en-dan gesig wys.
Softly:  Ook bekend as Rick Small. op die oogaf definitief ‘n soeitjies-p@#P soos die oumense gesê het. Mens kan miskien sê, small-ly spoken eerder as softly spoken. Die man praat sooo saggies en versigting. Maar hy lyk heeltemal in beheer...
Murray: Die ou gee my biki die jitters. Het doktorsgraad in Arch en is advanced gekwalifiseer as Access-consultant. Dis nou iemand wat weet hoe die toeganklikheid vir gestremdes van ‘n gebou opmeet teenoor die re-gu-la-sies. Ai die eeeewige regulasies. Hy is in sy vyftigs soos die ander ou, spierwit grys, dra sy hare kort-pennetjies en ry motor kompleet met tailfin, dropped suspention en front-rear-spoilers. Trek verkieslik swart aan, ek verkies dit ook so omdat hy soos ‘n spook lyk in room, soos vandag, want ALLES is wit. Die ligte vel en deurskynende blou oe help ook nie. Hy is biki moeilik, en biki van ouman. nHy en Arnie het mekaar juis gister amper hier voor ons almal biki gevat. Moeviese clash of personalities.

Arnie: Die ou onder wie se vlerk ek my (onwille)keurig bevind. Duitser van geboorte maar sien homself as Austrian, waar hy grootgeword het. Bly vyf jaar in Oz, met Tasmanian vroutjie getroud, Mr. Know-it-all, oftewel Know it HOW. Maar hy het eintik maar soos alle Duitsers maar net die inklenasie om dinge op die “REGTE” manier te wil doen (volgens hom). Dit is nou juis waaroor die byna-onderonsie gegaan het. Hy het darem ook ‘n sagte hart. Het bv. Vir my ‘n kamera persent gegee, toe hy hoor ek het myne laat val en het nou niks. Hy kom sommer die volgende dag hier aan met Petntax, miken druk, kompleet met kabels en die lot. Sê dis sy oue, hy het hom nie meer nodig nie. Nice nê.
Herr Hahn:Klien Duitse mannetjie. Praat net wanneer mee gepraat word. EN antwoord dan in enkel-woord-sinne. Fikse fanatikus en ry in die -5 oggendure, 20km per ren-fiets werktoe. Verklee dan rustig en werk voort in sy snyers-jeans en swartraam-brilletjie.

Flynn...soos in “Flynne McMissile” van Cars faam. Met ‘n naam soos Asley Martin...wat klink soos Ashton Martin... laat hy my daaraan dink. Ook ‘n smooth operator... ook heeltemal TE konsensieus... veral met die toepassing van die re-gu-la-sies!!!
Good-onya-Darren...Soos die naam sê: Good-onya. Lyk biki soos Pinnochio, en was voorheen “used car-salesman” van Subaru’s. Nou hard aan die werk om “voor te kom” in die kantoor. Julle ken mos sulke mense.

Atomic Bomb:... kleine Gemma. 1,5 bakstene hoog... en die stem en chutzpah van ‘n amasone. Ek kan maar net verstom staan. Sy is 27, maar regeer die interieur-kantoor soos aantie Margaret vanmelewe.
Psycadelic Flower: Beweeg deur die kantoor soos ‘n giraffe, met die haredos van ‘n garden-variety “fox”. Bloed-bloed-rooi. Vyftien-lae ooggrimering en dromerige styl van praat. Herinner sterk aan Phoebe van “Friends”..... (Ja daar is nou die negentiende re-run daarvan op ons plaaslike stasie)....streetsmart, ditzy en biki van ‘n hippie.
Nou dis die lot.

Ek het verlede week my eerste “Presentation” gegee. Op Ingels I’ll have you know. En Arnie het my daaroor gekomplimenteer. Soos Herman sê, ag as hy maar moet weet watter Afrikaanse-ouman-heethoofde van ‘n kerkraad jy moes deurwerk sal hy regtig lag. Die voorlegging ( ja baie ernstig) was vir die opgradering/herinrigting van ‘n skool kantien-cum-snoepie-cum-kombuis. Wow. Maar ek was dan glads senuwee-agtig. Ha-ha. Gelukkig is dit nou klaar, en het goed afgeloop. EK en Arnie vind mekaar al amper, en ek is heel tuis by die werk. Ek wil net noem dat Menlopark ‘n groot indruk op my gelaat het: EK het ‘n spesiale klein kamertjie ingerig wat na die gang toe oopmaak sodat die kinders soos hulle terug –inkom van die speelgrond af, hulle plastiek goeters kan herwin in die spesiale houers. Trots op my?
Verder is daar nieks nuwe nuus nie. Tot later...H

Friday, 5 August 2011

thunder-snow

Holy cow mense!!!

Al ooit gehoor van “thunder-snow”? Wel dis wat hulle vandag verwag oor die berge hier om ons. Oppad werk toe het ek oor die meer gery en kon nie glo watter “branders “ daar oor die gewoonlik salige water woel nie. Daar waai ook aaneenlopende fyn ys en reen so amper horisontaal orals. Die wind wat hulle vandag verwag word geskat so 110km/h. Daar is ook blizzards oornag oor Victoria opgemerk en die ysige weer het ons vanoggend getref. Maks. Temp voorspel vir vandag is 8 grade C.
EK is vandag vir my tweede dag by die vreemde nuwe werk. 9vm tot 3nm. Skoolure. 5 dae per week. In ons taal...halfdag. Absoluut fantastiese konsep! Hier in Oz is dit niks vreemd nie, en mens kan self sook net sekere dae van die week werk! Nou nie soos daar in Pta nie.  Hier is altesaam 13 mense in die kantoor en almal is woes besig en woel vreeslik vanoggend en hulle het blykbaar vergeet dat ek hier sit en wag vir instruksie, die dat ek nou maar aan ’n geskrif vir julle werk.

Ek was gou voor werk by die ortodontis, en daar is dalk goeei nuus. EK mag dalk oor vier weke “wireless” wees. Hy gaan ook vir my die ongelyke onderkante biki polish dat ek soos ’n lopende picket-fence kan lyk en miskien, afhangende van die vlekke na die “applications” gaan ons ook ’n whitening inwerk. Man dan gaan ek darem ’n model-smile he. Maar die model-lyf is nog nie daar nie. Ja net een persoon het tips gestuur (dankie Elise!!!) en ek vrees, oefen het nog nie gerealiseer nie.
Dit lykmy dat my reputasie my agtervolg en ek werk alweer aan ’n kerk. Die keer ’n meer charismatiese soort, en hoe klein is die wereld nie maar nie. Die kerk/klient is die skoolhoof van Ancke se skool ( Emaus Christian School) se vrou. SY is die Senior Pastor van die Christian City Church, in kort sommer de C3 Chruch genoem. Ons eie weergawe van ’n klein Hillsongs hier in Canberra. Ons sal as dit eers klaar is biki daar gaan kerk in die aande. Ons het regtig biki lewe nodig. Hierdie “hiems” wat die oumense sing in ons kerk is regtigwaar nie oral ewe opbouend en verkwikkend nie. Ook moet ek darem se dat dit lekker is om te kan se dat mens tog orals iets leer. Dis heerlik om aan te voel hoe ek net goed raaksien en bevraagteken in die ontwerp omdat ek al daarmee tedoene gehad het. EK moet ook se dat dit waarskynlik heelwat daarmee te doene het dat ek self heel na aan die “backstage” van om ’n kerk te “run” beweeg het tot noutoe, met Herman se werk by Oosterlig.

Saam met my het ’n ou begin wat ’n Architectural Graduate is, kom van Victoria af. Hy was ’n arme slagoffer van die “GFC” (Global Fiancial Crisis, skies vir die wat dit in elk geval geweet het!!!) en het vir die laaste 18maande 2de-handse Subaru’s  verkoop. Wel in aggenome dat ek baie amper skêre opgeneem het en haarkapper-apprentice geword het, is dit seker nie so snaaks dat mense uit hulle veld sal venture as die nood druk nie. Kerstin ek moet tog later vir jou vertel van die avonture rondom die haarsnysker wat ek by jou gekry het. Ek het so ’n swak sny gehad die laaste keer dat ek eintlik wens ek het maar liewer jou skêr gebruik en my eie “haredos” gekap. Hier moet mens maar net lag, want ons almal weet dat my klein gansdonse nie eintlik deurgaan as ’n haredos nie. Met die het die swak sny nou na drie weke nie eintlik veel herstel nie. Stel jou voor: Dik bril, dik tande-treinspore en swak haarsny. Mensig.... ek hoop en glo julle is almal lief vir my en sal dit alles oorsien.
Dinge andersins is maar interessant elke dag. Herman is homesick. DIe kids is verontwaardig omdat Ancke vir amper drie weke weg gaan wees en hulle heeltemal alleen gaan los. EK werk. DIs doodstil daar by die huis. Herman se swembad het skielik "ge-shut-down". Dis eintlik sooo jammer dat ek nou moes begin werk, want dan kon ons eintlik nou biki escape het.

Net voor ek afsluit nog een padteken wat ek laaskeer nie genoem het nie, wat vir my einltik die toppunt was:
"no seatbelt, No brains"    ...ja die graaf op sy naam.
Cheers-vir-eers!

as jy koud kry, gaan sit in die son

I’m back!!! Nadat ek weereens die dieptes van verlange getref het en geween het, genoeg om ‘n paar bottels organiese saline-oplossing te produseer. Miemie... is daar ’n mark daarvoor?

Ek drink eergister koffie saam met my enigste vriendin hier (sy praat Afrikaans, so vroeg vyftigs, een getroude kind en een student-kind, Marelie) en ons twee sit in die son. Hier probeer ons alles om in die winter in die son te kom, want ons Vitamien-D raak laag en ons voel ellendig. So met die eerste koffie agter die blad verskuif die son en ek besef dit raak darem te koud so buite sonder son. Ek sê toe maar “neewat, kom ons skuif son toe!!!”. En dit was die sleutel-frase.
Wanneer dit koud en donkerrig raak om mens, moet jy son toe verskuif.

So toe doen ek maar wat ek die beste weet om te doen. Dink aan en sien al die komiese dinge wat ek kan, en raak besig. Besig in my geval beteken gaan maar net aan waar jy laas opgehou het met huisskoonmaak en wasgoed en die res!!! En dan natuurlik die “occasional” briefie vir my getroue vrindinne.
Ek vergaap my aan die pad-tekens en dit gee my baie binnepret. Eintik is dit seker meer waarskuwings-borde op strategiese plekke. Hier is ’n paar van my “favourites”:

“People DIE on ACT roads”
“Drive and text, you be next”         
"Drink and drive, DIE in ‘n ditch”
Ja hulle gee nogals nie om, om die graaf op sy naam te noem nie. En hier is my gunsteling wat my lekker hardop laat lag het in die kar:
            “It won’t kill you to miss that call”...
Waaronder een-of-ander desperate Ozzie toe met spuitverf bygevoeg het:
            “yeah, but the Mrs. Will!”

Hier in my nuwe tuiste maak ek voortdurend nuwe ontdekkings. EK het byvoorbeeld vanoggend weereens op sulke unieke dinge afgekom toe ek die woonkamerbank se kussings weggevat het om daar te stofsuig. Mensig, daar is ’n hele ekosisteem daar van verdrogende kosse en kouse en langvergete speelgoed. Gelukkig is ek die skoonmaker en nie Lettie nie, want soveel soos ek die liewe vrou mis, kan ek goed onthou dat oplig en vegskuif ter wille van skoonmaakdoeleindes nie haar sterkpunt was nie.
Op die noot van huiswerk het ek nog ’n klein juweel ontdek wat werelde oopmaak vir die selfdoen-huisvrou. (Ja, my wereldjie het nou maar klein geword ne!!) Ek sukkel vandat ons hier gekom het om die grys ring om die enigste bad in die huis afgeskrop te kry. Vim, Handy-Andy, staalwol... niks. Die gevolg is dat niemand van die huismense wil bad nie. Self het ek al lusgevoel vir ’n lekker stomende bad, maar dit tog maar ontsien. En daar kom die brainwave toe gisteraand na my toe. Ek spuit die nare ring met ’n lekker dik laag “Mr. Muscle No-Fume, Odourless Oven Cleaner”. Siedaar! 30 min later en dis afgehandel. So werk oven-cleaner ook vir die vasgebrande oorkook-gemors op die glasblad-stoof sowel as die helder-glas stort-deur met skuim merke wat nie deur die konvensionele “shower-cleaner” skoon wil kom nie. Mens moet net bereid wees om maar onder die water te kom as jy nou van die skuimerige besigheid wil ontslae raak in die stort.

Goed nou die bewys dat ek darem nog nie heeltemal dof geraak het nie. Laat ek julle net weer van Sydney vertel. Lucia, ek wil met jou skoonpa so halfpad saamstem. Sydney is werklik een van die mooiste stede in die wereld. Maar ken hy vir Chicago, en Wenen? Ag ek is ’n sucker vir mooi geboue en blou mere en kalm riviere. Ons was toe mos nou twee naweke terug weer in Sdney. Mense, dis sooo mooi, maar ek was nog nooit daar dat dit nie gereen het nie. Deksels. Ons het die asemrowende (Ja!!! Dit is) operahuis op die deurstap-toer gaan besigtig. Sjoe dis regtig iets om te beleef, maar soooo SAD. Daar gaan jaarliks 7miljoen mense deur daai gebou. Dis ’n icon regdeur die wereld, maar die “skepper” daarvan, argitek Jorn Utzon het nooit sy gebou klaar in lewende lywe gesien nie. Daar was ’n politieke onderonsie driekwartdeur die bouery en die man het hom (tipies) gewip en gesê, “ek stof die stof van Sydney van my skoene af vir altyd”. Dom man. Ai, politiek en ego is sulke vernietigende goed. Nouja. Hy het darem heel aan die einde van sy lewe sy seun gestuur om die heelnuutste veranderinge te behartig onder sy langafstand “supervision”, want hy sê toe neewat hy is nou te oud en bly liewer in Swede. Ek herhaal, dom man.
Daar is ’n vertrek met die eienaardigste muurgrootte tapiserie. Sulke vorms en kleurblertse, Jorn Utzon se weergawe van 1 of ander Beethoven simfonie. Daar is blykbaar ’n naam daarvoor as mens verskeie sintuiglike ervaringe tegelyk het... smake, visuele beelde en klanke, die gids het die woord gese en ek kon dit om die dood nie daarna onthou nie. Maar nou weet ek ek is nie stapelgek as ek die allerongelooflikste visuele goeters “sien” wanneer ek U2 luister nie. Weet darem nou nie of U2 met Beethoven opmatch nie, maar toemaar.

Gister was die Nienabers toe vir die vyfde keer in dire maande in Sydney. Die keer vir iets baie spesiaal. Ons het ons geliefde brakkie gaan haal. Ou Roxy het skoon bomskok gehad. Veral toe ons later met haar gaan stap het langs die strand in Manley. Wilna, ek be-aam... dis die plek om te bly. Net eenvoudig anders en so lieflik. Net finansieel buite bereik. Terug by Rox. Sy is maar biki maer, maar teen laat gisteraand het sy weer “mens” geraak. Nee hond geraak. Sy doen haar tipiese Roxy dinge en het selfs al een blaffie gegee.
Ancke het gehuil en gehuil en haar net vasgedruk. My arme kind kry swaar. Die trek het haar swaar getref. Net soos vir die res van ons. Maar nou het sy Roxy en sy, die gelukkige bogger, gaan volgende week Perth toe om vir drie weke. Om met haar maters en die se ouers te gaan kamp teen die noordkus van Wes-Australie. Sy gaan bruingebrand, uitgerus en vol Vitamien-D hier aankom. Ek is jaloers. Aan die ander kant, dit kannie maklik wees om dertien te word sonder alles en almal wat vir jou bekend is nie. Ja volgende week die tyd het ek ’n amptelike “tiener” in die huis. Sy is nou net 2,5cm korter as ek.

Maar nou op ’n ander noot. Elke selfrespekterende Ozzie weet dat landsake hier oor twee goeters gaan. Groen goed. En vreemdelinge-beleid. Nou hoop ek maar dit tel dat ek in Suid Afrika vuilgoed uitgesorteer het by die skool. Hier skei ek darem die spul, maar is skuldig daaraan dat ek elke gerieflike skoonmaakmiddel op die rak in my huis het. Ek was nie die vloere net wit asyn nie, en ek gebruik maar ou staatmaker koue-water-OMO. Wereldwye staatmaker.
Wat vreemdelnge beleid aanbetref: Hier gaan dit alles rondom die “Bootmense”. Dis vreeslik treurig en ou Julia Gillard is nou besig met ’n baie omstrede beleid om mense net so terug te stuur na Maleisie, waar hulle situasie geprossesseer sal word. Ek ondersteun die girl, maar meeste mense hier is meer begaan oor die koeie wat “onmenslik” behandel word in Indoniesiese Abbatoirs, as die “refugeees”

Om terug te kom na my vreemdelinge-issue. In die einste hotel waar ons drie naweke terug in Sydney gebly het vat ek een oggend ’n heerlike lang warm stort (daar is baie geysers, dis nie Denmanstraat 9 nie) maar toe ek met die rooiwarm-lyf uit die stort uitspring en die helderverligte vollengste-spieel aanskou toe staan daar ’n vreemdeling!!! Saartjie Baartman!!!!
Wat gaan ek doen? Stuur asseblief die heel beste tips. Net die wat werk. Nie lensie en druiwe-dieete van Nataniel nie, want selfs daarvan kan mens te veel eet. Ha!!! Ek het kits-rade nodig. Wat werk. My ma-hulle kom kuier in September en dan gaan die huis klein en benoud voel, mens kannie nog vet ook wees nie, dan kan ons nie almal bymaar verbykom in die gang nie!!! Ha-ha... ek het net myself daarvoor te danke. Miskien moet ek maar net die kondensmelk-rak en die kaaskoeke en al daai dinge vermy. En dan moet ek ookmaar die -5grade soggens soos die ander brawes teestaan en gaan stap met die stoomwolle om my mond.       

Tot later!

die Queen se verjaar-naweek

Hier is dit koud en baie nat..Ons kuier vir die naweek in Sydney..Die koningin verjaar mos eenkeer per jaar en die ou Ozzies het so min om oor af te vat dat hulle die geleentheid gebruik om kastig eenkeer per jaar die verjaardag met 'n langnaweek te vier. In ons omgewing is dit eintliik baie meer oor die begin van die ski-seisoen. Dis 'n hengse storie en daar word vir weke vooraf oor die verkeer-stories gepraat. Double-demerits geld vir daai tyd wat spoed en sitplekgordels aanbetref. Dis altwee groot stories hier. Alle passasiers moet ook gestrap wees. G'n ding soos twee seuntjies agter in die kattebak van die hatch-kar nie. Ons het dit soms gedoen as ons baie maters van Ancke saamgery het, maar hier is g'n sulke dinge nie. Die dat ek so bly is oor my nuwe kar met sewe sitplekke. 'n Donkerblou Holden Zafira. Julle ken dit as Opel Zafira. Uitstekende koop. Spotless toestand. Lyk nes Rina se kar en Riette se oue.
Sjie wat 'n storie om 'n kar te kry. Want ek het nog nie juis 'n vreeslike inkomste nie en mens moes maar kyk vir wat jy kan bekostig, maar dan aan die anderkant ook jou gesin se behoeftes. Die Here is getrou en het weer perfek voorsien.

Om nou terug te kom na Sydney. Ai mense... dis 'n mooi plek. En die mooi mense met hulle stylvolle uitrustings. Sjoe.
Ons het gisteraand met Hanna, ons ou maat van Perth gekuier. Sy is hier die 'n konferensie, so ons het haar in die stad gekry en lekker saamge-eet en na die operahuis in die reen staan en kyk, en roomys ge-eet en allerhande lekker dinge.

Vir die langnaweerk is daar 'n "Festival of lights, music ans ideas" aan die gang, en die hele hawe is 'n feestelikheid. Daar is orals musiek, konserte, orkeste, vuur-artieste, waterfonteine wat spuit, lig-installasies en die hoogtepunt is die laser vertoning teen die operahuis. EK het probeer fotos neem maar dit kannie die ongelooflike ervaring vasvang nie.
Gelukkig kom ons van Canberra af en weet om warm aan te trek, want koud en nat is 'n kwaai kombinasie.

Laat ek julle vertel van my werk: What a strange person. Dis 'n klein praktyk, net die een argitek, Geoff, sy regterhand, Alex, wat 'n indoniesiese agtergrond het en Presies soos Tiger Woods lyk, net 'n spierwit vel en woeste deurmekaar hare, dan ek en dan ook 'n oulike vrou Susan wat twee dae per week inkom, en glad nie kan tik nie, maar wat al die finansiele sake hanteer. Mense en is hierdie spulletjie vir jou over-organised. regtig. As jy soggens begin werk, maak jy jou tydstaat op Excel oop op die eenskerm en jou tekenprogram op die ander, en daarvandaan teken jy elke 15minute jou tyd aan. As jy teegedrink het dan teken jy dit so aan. Alles werk in eenhede van vyftienminute, billable of non-billable. Dit maak my moeg! Maar dir hou mens op jou tone en daar word die minimum rondgehang. EK eet my lunch by my tafel en so kry ek my 6 ure van 9 tot 3 in. Geoff is bitter vreemd. Hy het oe soos 'n skaap... so glaserig en dooierig, en psigopaterig. Hy se hy is 'n Christen. gaan glo kerk toe, was vroeer baie betrokke by youth groups ens, maar woon esoteriese klasse by, is 'n freemason en skree heeldag en aldag op die honde.
Maar ons kan musiek van sy Ipod af luister, lekker hard ook, en dis my soortvan musieke. Snags los hy die ligte aan en die hoonde slaap in die kantoor, en hy sit klassieke musiek kliphard aan. hy se dit jaag die skelms weg. Nie dat ek al ooit van 'n inbraak gehoor het hier nie... maar dis nou sy ding. Soggens tot 10h moet ons almal klassieke musiek luister, en daarna begin die rock-klanke. 10h30 moet jy teedrink met hom en die ander by die tafel in die middel vand ie vertrek. Gelukkig het hy 'n lekker cappucinomasjien en het ek nog nie 'n beurt gehad om morning tea te maak nie, so ek word bedien met Cappucino. Sal seker nog by morning tea kom. Moet ooknie dink jy vra iemand iets vra daai tyd nie, hy antwoord jou net dat hy nie nou kan help nie. hy maak morning tea. Klaar. Susan is ook kostelik. Sy dra geen jas nie, net 'n "jumper" wat sy "do up tight" as dit koud raak. Sy dink die kerk is 'n verspotte besigheid, Geoff se sy is 'n ateis, en sy voel nie daaroor sleg nie, en sy is 'n firm believer in the institution of marriage" Sy haat Vrydae, want dan maak sy huis skoon. EK vind hierdie mense koddig.

Ons klomp:
Ons het uiteindelik die stap geneem en sateliet TV aangeskaf. Ons kan dit net nie meer vat om niks rugby te kyk nie. Natuurlik kom Disney- en Nicolodeon baie meer voor op die skerm, want ons grootmense kan net op sekere regtig afgemete tye bekostig om voor die tv te le, want daar is baie om te doen en net soveel ure per dag. Het ek julle vertel Herman het alweer vinnig vinnig vir hom 'n coachig jobbie gekry. Hy coach van 18h00 tot 19h30 by Grammar School. Laerskool kinders wat style ontwikkel. Absolute nommerpas job vir hom. Hy kry nog nie geld daarvoor nie, want die VISA vereis dat hy nie 'n ander werk as "Religious Work" mag doen nie. Maar hulle bere dit vir hom in 'n rekening, so oor so 6-8 maande wanneer ons dink ons Permanent Residence afgehandel gaan wees, dan kry ons 'n lekker neseier en dan gaat ons pret he man.
Ons sukkel nog biki met ons ure in die dag. Mens staan heelwat later op, en gaan slaap ook later. Die kids en werk begin eers 9h, maar dit loop tot 15h. Dan is dit huiswerk en klein ietsie eet, want teen 17h20 moet ons alweer aandete eet, want Herman ry 10 voor ses swem toe. Hy kom eers 1/4 voor 8 saans terug, en dis te laat vir eet. So alles is biki vreemd en die kids is honger vir beskuit teen 9h. Dan is hulle ook nog wawyd wakker, want hulle staan so laat op dat hulle nou heelwat later wil gaan slaap.Op die dae wat ek werk is die slow-cooker dus die lifesaver... ja dis my nuwe bestevriendin... saam met my wolsokkies en Woolies thermal spencers.
Ancke is nog net 5 cm korter as ek en kyk my so te se in die oe. Ons is nou op 'n punt waar ons boots kan koop en dit deel. So ook met baadjies en jasse... sy dink natuurlik net die jasse wat vir my mooi is is regtig outyds.Die seuns is nou werklik ook nie meer klein nie, ek moet nog my kop daarrondom kry. Mamma se babas!

Roxy kom oor biki meer as 2 weke "huistoe". Ai die opgewondenheid styg daagliks. Ancke gaan selfs die dag uit die skool gehaal word om saam met Herman Sydney toe te ry om die ou dingetjie te kry.
Seeya!!!

die lewe in Yarralumla, Canberra

EK gaan sommer weer net al die goeters/observasies/snedige opmerkings/nuuswaardighede so ewe casual neerplonk.
Laat ek maar weer oudergewoonte begin my die weer:
Girls, SA het sy koue momente, maar dit is sweerrlik niks teen die wind wat van die Arktiese gedeeltes hier oor aangeblaas kom nie.
Ons het heerlike reen gehad, however geen donderweer gepaardgaande... :(
Die nattigheid bring sy eie voordele: Stof gaan le biki en die temperature is tydelik biki beter.
Nou is die wind weer in alle velheid terug, maar dit kry weer die oneindige stroom wasgoed droog.
Ha-ha...Herman moes vanoggend ophang.
Hy beweer sy ore pyn nou.
Die rede: Ek werk vanoggend.

Interessantheid tog. Ek het 'n argitek in my telefoniese omswerwinge raakgeloop wat so nou en dan iemand nodig het vir 'n paar ure, om (die mees belaglike) klein werkies vir hom te doen, teen nominale betaling.
Nou as mens tuis sit, klink werk heerlik en noudat ek hier is klink huis heerlik. Met sweetpak, sloffels en dik (drie nommers uitgerekte) oorhangende trui.
Die jean waarmee ek beklee is is natuurlik te klein, so die ongemak is onplesierig.

Laat ek julle vertel van die ryery.
Ek kom gedurig mense tee met 'n groot rooi "P".. lyk soos die "L" wat ons leerling bestuurders gebruik op die karre. Hierdie een is net so skuins met 'n soortvan tydelike plakker opgesit en daar is een voor en agter. Ga!! Dis is die stoute kinders op die pad. Hulle is op "Probation". Dit beteken hulle het te veel oortredings begaan en demerit-punte verloor en nou is hulle op 'n ses maande probation-periode, om te sien of hulle hulself kan gedra, en weer hulle aansoek vir 'n lisensie kan rig. Praat van "Name and Shame". Ancke het opgemerk dat dit meeste van die tyd jong girls is. Vir my lyk dit na manne, met kwaai gesigte, en sulke windgat karre met goot grills, dropped suspention en tail-fin.
Dan is daar die "schoolzone". Sjoe dis nou 'n frustrasie. 100m voor en na enige skool, is daar 'n spoedbeperking van 40km/h. Dis gelukkig gemerk, "school zone", so mens hoef nie te raai nie. Hulle is nogals sneaky, een oggend het ek weer verbygeblits, en net te laat besef die paneelwa wat langs die pad geparkeer staan het 'n notice opgehad wat sê "you have been speed-checked by radar". Oops. Hoop maar ek was o.k. Julle ken my tog, en is nou nie een vir kruie oor die pad nie. Ek hou die pos dop met 'n asem ophou.

Ons het 'n silver Corolla, in SA noem hulle hom RUN-X. Hier is sy naam SECA. Lekker flink en outomaties. Die mense hier lief hulle outomatiese karre, en ek moet se ek wil dit ook nie meer anders he nie. Works like a charm.
 Herwin-asblikke:
Ai, as die mense maar geweet het dat ons in SA moet volunteer om in die vuilgoed te grawe, anders gebeur daar niks nie. Hier het elkeen twee munisipale asblikike. 'n kleine met groen deksel, en normale grootte een soos ons s'n, met geel deksel. Die herwin-drom ontvang net stywe plastiekhouers, blikke, tetrapaks en papier. Die slegte ding is egter dat hulle net elke twee weke kom haal. En dan maak hulle ook ni leeg as dit nie reg teenaan die sypaadjie staan regte knat voor nie, want daar is nie 'n mens by betrokke nie, net 'n robot-arm wat die blik optel, omdop en terugsit. DIe ou wat die lorrie bestuur en reg teenaan die pypaadjies stop by elke drom, verleen die human touch. Sjame, great werk ne!
Marietha, ek wil net hier noem dat dit maar vuilerige handskoene is wat jy daar opgeneem het, maar ek is seker die ander vrouens is dankbaar.
Die mense het egter nie rekening gehou met die verbuikers-mentaliteit van Afrikane nie, ons moet maar gedurig die arm insteek en die vuilgoed kompakteer, anders is daar nie eintlik genoeg plek nie.

Nou vir my avontuurlustige kook-gewoontes:
julle ken my ook as die een mens met die tweede meeste fiemies, my pa het mos die meeste.These days is ek nou egter stewig derde, en ek dink selfs my pa is nou onttroon. Michael het nou die ernstige loshande voortou geneem. Dink julle mens kan 'n seuntjie grootkry op Pro Nutro en bake beans? Ja, laat ek net hier noem dat ekdie berge en dale vir veertig kilometers deurkruis het na 'n winkel wat SA produkte verkoop. ProNutro, Tamatiekonfyt, Waterblommekies, Peppadews ens. Wel die drie bokse is ook einde se kant toe. Gelukkig is bakebeans oral beskikbaar. Michael se verweer is ewe met sulke kry-my-jammer-oge, "ek het meer van SA se kos gehou"... nou wat se mens daaroor.
 Tipiese Suid Afrikaans het ek nou-die-dag geval vir die spesiale aanbod: koop drie verskillende produkte in die reeks en kry gratis kookboek. italiaans. Dag toe maar ek gebruik mos darem baie tamatie-goete, en koop toe maar, en kry duly my kookboek. Nou voel ek skuldig en moet dit gebruik. Man, eks nou 'n Italianer van formaat. EK vrek oor die risotto's, en het dit uiteindelik bemeester. Wie van julle se families eet dit? Ek dink dis net die ding vir koue homesick winteraande. Osso buco, Beef Romano, Chicken Parmigiano, en dan 'n klomp goed wat ek nie die name van kan onthou nie.

EK het ook die New York Cheesecake bemeester... oh yeah! Het groenvye in taai dik stroop gekook, vir die kaas en beskuitjie met rooiwyn ding. Mmmm.Aag en dan die eindelose visvingers, chicken-nuggets, en potato-wedges. My kinders wou met chop-sticks leer eet ( die seuns het net die rys ge-eet, met bake beans) en so het ons ook die thai varieties probeer.
And then: Ironing.

Vir die wat hulle eie strykwerk doen: hier is 'n idee. EK het een van daai ou Elna-Press masjiene oorgeneem by my tante. Man, beste ding naas vanilla roomys. Strykwerk is niks, eintlik 'n uitdaging. hoe klink dit vir 'n baie positiewe uitkyk? Kry so 'n ding as jy kan.
Oor stofsuig en afstof en vloermop...
You can't stare a kitchen-floor down... ek het probeer, dit word net erger. het nou geleer om dit maar te doen sodra dit sleg begin lyk, want van sleg af gaan dit na septies, en julle ken my mos as 'n werklik skitterend netjiese huisvroutjie. ek moet my reputasie beskerm. Darem mos maar die potensiaal om gemeentelede te moet ontvang van tyd tot tyd.
My tyd is nou op en ek sal volgende keer meer oor die familie skryf. Was nou in 'n selfsugtige bui.
EK mis julle almal like crazeeeee!
Tot ek weer kans het om te gaan sit en nonsens praat...