Friday 5 August 2011

die lewe in Yarralumla, Canberra

EK gaan sommer weer net al die goeters/observasies/snedige opmerkings/nuuswaardighede so ewe casual neerplonk.
Laat ek maar weer oudergewoonte begin my die weer:
Girls, SA het sy koue momente, maar dit is sweerrlik niks teen die wind wat van die Arktiese gedeeltes hier oor aangeblaas kom nie.
Ons het heerlike reen gehad, however geen donderweer gepaardgaande... :(
Die nattigheid bring sy eie voordele: Stof gaan le biki en die temperature is tydelik biki beter.
Nou is die wind weer in alle velheid terug, maar dit kry weer die oneindige stroom wasgoed droog.
Ha-ha...Herman moes vanoggend ophang.
Hy beweer sy ore pyn nou.
Die rede: Ek werk vanoggend.

Interessantheid tog. Ek het 'n argitek in my telefoniese omswerwinge raakgeloop wat so nou en dan iemand nodig het vir 'n paar ure, om (die mees belaglike) klein werkies vir hom te doen, teen nominale betaling.
Nou as mens tuis sit, klink werk heerlik en noudat ek hier is klink huis heerlik. Met sweetpak, sloffels en dik (drie nommers uitgerekte) oorhangende trui.
Die jean waarmee ek beklee is is natuurlik te klein, so die ongemak is onplesierig.

Laat ek julle vertel van die ryery.
Ek kom gedurig mense tee met 'n groot rooi "P".. lyk soos die "L" wat ons leerling bestuurders gebruik op die karre. Hierdie een is net so skuins met 'n soortvan tydelike plakker opgesit en daar is een voor en agter. Ga!! Dis is die stoute kinders op die pad. Hulle is op "Probation". Dit beteken hulle het te veel oortredings begaan en demerit-punte verloor en nou is hulle op 'n ses maande probation-periode, om te sien of hulle hulself kan gedra, en weer hulle aansoek vir 'n lisensie kan rig. Praat van "Name and Shame". Ancke het opgemerk dat dit meeste van die tyd jong girls is. Vir my lyk dit na manne, met kwaai gesigte, en sulke windgat karre met goot grills, dropped suspention en tail-fin.
Dan is daar die "schoolzone". Sjoe dis nou 'n frustrasie. 100m voor en na enige skool, is daar 'n spoedbeperking van 40km/h. Dis gelukkig gemerk, "school zone", so mens hoef nie te raai nie. Hulle is nogals sneaky, een oggend het ek weer verbygeblits, en net te laat besef die paneelwa wat langs die pad geparkeer staan het 'n notice opgehad wat sĂȘ "you have been speed-checked by radar". Oops. Hoop maar ek was o.k. Julle ken my tog, en is nou nie een vir kruie oor die pad nie. Ek hou die pos dop met 'n asem ophou.

Ons het 'n silver Corolla, in SA noem hulle hom RUN-X. Hier is sy naam SECA. Lekker flink en outomaties. Die mense hier lief hulle outomatiese karre, en ek moet se ek wil dit ook nie meer anders he nie. Works like a charm.
 Herwin-asblikke:
Ai, as die mense maar geweet het dat ons in SA moet volunteer om in die vuilgoed te grawe, anders gebeur daar niks nie. Hier het elkeen twee munisipale asblikike. 'n kleine met groen deksel, en normale grootte een soos ons s'n, met geel deksel. Die herwin-drom ontvang net stywe plastiekhouers, blikke, tetrapaks en papier. Die slegte ding is egter dat hulle net elke twee weke kom haal. En dan maak hulle ook ni leeg as dit nie reg teenaan die sypaadjie staan regte knat voor nie, want daar is nie 'n mens by betrokke nie, net 'n robot-arm wat die blik optel, omdop en terugsit. DIe ou wat die lorrie bestuur en reg teenaan die pypaadjies stop by elke drom, verleen die human touch. Sjame, great werk ne!
Marietha, ek wil net hier noem dat dit maar vuilerige handskoene is wat jy daar opgeneem het, maar ek is seker die ander vrouens is dankbaar.
Die mense het egter nie rekening gehou met die verbuikers-mentaliteit van Afrikane nie, ons moet maar gedurig die arm insteek en die vuilgoed kompakteer, anders is daar nie eintlik genoeg plek nie.

Nou vir my avontuurlustige kook-gewoontes:
julle ken my ook as die een mens met die tweede meeste fiemies, my pa het mos die meeste.These days is ek nou egter stewig derde, en ek dink selfs my pa is nou onttroon. Michael het nou die ernstige loshande voortou geneem. Dink julle mens kan 'n seuntjie grootkry op Pro Nutro en bake beans? Ja, laat ek net hier noem dat ekdie berge en dale vir veertig kilometers deurkruis het na 'n winkel wat SA produkte verkoop. ProNutro, Tamatiekonfyt, Waterblommekies, Peppadews ens. Wel die drie bokse is ook einde se kant toe. Gelukkig is bakebeans oral beskikbaar. Michael se verweer is ewe met sulke kry-my-jammer-oge, "ek het meer van SA se kos gehou"... nou wat se mens daaroor.
 Tipiese Suid Afrikaans het ek nou-die-dag geval vir die spesiale aanbod: koop drie verskillende produkte in die reeks en kry gratis kookboek. italiaans. Dag toe maar ek gebruik mos darem baie tamatie-goete, en koop toe maar, en kry duly my kookboek. Nou voel ek skuldig en moet dit gebruik. Man, eks nou 'n Italianer van formaat. EK vrek oor die risotto's, en het dit uiteindelik bemeester. Wie van julle se families eet dit? Ek dink dis net die ding vir koue homesick winteraande. Osso buco, Beef Romano, Chicken Parmigiano, en dan 'n klomp goed wat ek nie die name van kan onthou nie.

EK het ook die New York Cheesecake bemeester... oh yeah! Het groenvye in taai dik stroop gekook, vir die kaas en beskuitjie met rooiwyn ding. Mmmm.Aag en dan die eindelose visvingers, chicken-nuggets, en potato-wedges. My kinders wou met chop-sticks leer eet ( die seuns het net die rys ge-eet, met bake beans) en so het ons ook die thai varieties probeer.
And then: Ironing.

Vir die wat hulle eie strykwerk doen: hier is 'n idee. EK het een van daai ou Elna-Press masjiene oorgeneem by my tante. Man, beste ding naas vanilla roomys. Strykwerk is niks, eintlik 'n uitdaging. hoe klink dit vir 'n baie positiewe uitkyk? Kry so 'n ding as jy kan.
Oor stofsuig en afstof en vloermop...
You can't stare a kitchen-floor down... ek het probeer, dit word net erger. het nou geleer om dit maar te doen sodra dit sleg begin lyk, want van sleg af gaan dit na septies, en julle ken my mos as 'n werklik skitterend netjiese huisvroutjie. ek moet my reputasie beskerm. Darem mos maar die potensiaal om gemeentelede te moet ontvang van tyd tot tyd.
My tyd is nou op en ek sal volgende keer meer oor die familie skryf. Was nou in 'n selfsugtige bui.
EK mis julle almal like crazeeeee!
Tot ek weer kans het om te gaan sit en nonsens praat...

No comments: