Monday 22 August 2011

Ek het my PIPS gekry!!

Great hê?! En neee.....dis nie ‘n rang nie. Nogals jammer want wie ‘n rang het , het die kans om te kan “rang-trek”. Maar heellaas nie.
 PIP staan vir “Parent Involvement Hours” en is ‘n oulike konsep wat Ancke se skool gebruik om ‘n soortvan “hidden Cost” in die skoolgeld in te werk. Ja elke ouer is verantwoordelik om 25uur se tyd aan die skool af te staan. Mens kan verskeie dinge doen om die ure “af te werk” soos kaartjies verkoop by die kermis, boeke oortrek (ja, hulle stuur die nie net huistoe met boetie nie, want dan lyk die groep s’n nie eenvormig nie!) waaraan ek 6 ure oor die naweek afgestaan het.
 En dan is daar die WORKING BEE, in die Collins Dictionary beskryf as “a voluntary group working together for charity”. Interessant. Dit was nie voluntary nie, maar uit plig. Nie charity nie maar vir die geldkas. Sien, as jy nie lus het vir die afsloof van die working bee nie, dan kan jy altyd die $35/h betaal in kontant (R511x25=R12 775) Nouja, nie die keuse wat ek met my salasris uitoefen nie. Toe gaan ek maar Saterdag-oggend 9h00 skooltoe . Ek dink Lettie sou geweldig trots gewees het op haar protégé. EK het gestofsuig dat die klap. Die skoolsaal is afgestof, gevee, daarna gestofsuig en ge-mop. Blink gelaat na 1,5 uur. Ons was 3. Daarna het ek die binnehof met besem aangedurf. Het julle onlangs plaveisel met ‘n groot besem bygekom. Man gym is onnodig. Met al die sand, blare, grond ander vuilgoed opge-graaf en weggedoen het ek die paadjies om die geboue aangedurf, en daarna ‘n hele vleuel se vensters gewas. Teen 13h00 het hulle die oggend gesluit verklaar en dank die hemel tog ook maar, want anders sou ek wragties nog stywer gewees het Gister. Dit het my sommer baie oud laat voel.
 Op die einste punt van oud. Die ouens oor die radio my stasie (Mix-1-0-6) het vanoggend hierdie interessante gesprek: wat maak mens “oud voor jou tyd”? Toe kom daar goed soos “transition spectacles”, sekere kleredrag en skoene met zippers... ja julle ken dit, daai pantoffel-agtige skoene met die gebreide bokante en die zipper voor-in-die-middel. En iemand sê toe nee dis daai stupid taalgebruik van die jongmense wat hulle crazy maak, en laat besef dat hulle nou oud word.
Ek is dus nou amptelik OUD!
Check this out:
Yeah, Sose to heeea bout the dramar yous had  in Tuggers theees arvo. Yeaaeh, awas totes a devo bout it!
Overgesetsynde: “So jammer om te hoor van julle ongeluk in Tuggeranong(voorstad) vanmiddag, ek was verpletter deur die nuus”
Sose, Totes, Yous, Devos.....
En  dan is daar maar net al die ander algemene “terme” en afkortings wat die mense oor die algemeen gebruik: Arvo (afternoon), Uni(university),  Subi(Subaru...almal se gunsteling kar), Lippy(lipstiffie), Sunny(sonbril), Ambo(ambulans), Salvo(salvation army), Maccaz(macdonalds), BYO(bring-your-own...dis nou as jy restaurant toe gaan, om jou eie wyn te bring), RBT(random breathelizer test...op die pad), Chewy(kougom), Chrissie(kersfees), Bottle-O(drankwinkel), Brizzie(Brisbane), Barbie(braaier), Cab-sav(rooiwyn), Exy(duur),
Man, in Pretoria sou ons sommer gesê het hulle is kômmin met ‘n k. O en die uitspraak is ‘n dolligheid. Soms mis ek heeltemal wat hulle sê omdat alles wat ons as “ ‘n” (e) sou uitspreek by hulle ‘n “ie” is. Soo bv. Die woonbuurt Flynn, wat hier Flieen is...dis crazeeee.
Elk geval hier is die bome nou die ene bloeisels. EK weet eerlikwaar nie hoe om daaroor te voel nie, want in SA het bloeisels daai opgewonde wip-in-die-stap-gevoel by my gebring, maar ons temperatuur was gister ‘n skitterende 10 grade en sover vandag het ons nog net tot by 11 ( van die voorspelde 13,5) gevorder. So ek werk nog aan die koms van die wip-in-die-stap.
Met al die by-kryery is daar ook nog al die verloordery. EK het my beste swart baadjie verloor, omdat mense hier so aandring daarop dat hulle jou baadjie vir jou ophang by die “coat rack”, en dan vergeet jy dit. Met die teruggaan op die spore het ek absoluut niks wysgeword nie. Ook het ek my valstanne (die “retainers”) probeer eksta skoonmaak deur dit in warm water met koeksoda te week. Toe ek weer wou insit, was dit ‘n paar nommers te klein gekrimp. Net $130 skade.
My arme ego het ook ‘n geweldige knou en verlies aan waardigheid oorgekom. Ons is besig met ‘n opleidingskursus in Revit, nuwe CAD-program, wat vir my ore aansit, en net met my brein REV as jy my vra. Die klomp jonges hier op kantoor het die grootste prêt, hulle dink dis ‘n plesierigheid, maar ek sukkel my aja af.
Michael het sy eerste oogtand verloor. Wat ‘n drama was dit die afgelope twee weke, omdat mens nie eers jou gewone stapelvoedsel van bake-beans kan eet as jou tand so los en geweldig pynlik is nie. Gelukkig verdwyn die pyn onmiddelik as dit visvinger-en-tjips-aand is. En wanneer daar roomys is weet niemand waarvan jy praat as jy seer-tand sê nie. Gelukkig het die tandmuis-cum-kerkmuis ‘n $5-noot in sy reserwes gehad vir die gebeurtenis.
Al die “verliese” inaggeneem gaan ek my gladnie daardeur laat beroof nie. Want net as ek wil murmereer dan onthou ek dat dit vandag nog net 11 slapies is voordat my liewe ouers kom kuier. Man daar kom die huppel-in-my-stap met oordaad terug!
Tot later!

No comments: