Vanoggend ry ek werk toe en vergaap my aan die besonderse name van die verskillende voorstede waardeur ek ry. Hoe klink die volgende vir julle? Weetangeera, Jerrabomberra, Narranda, Goonawarrara, Kajuligan, Narabunda, Yarralumla, Coleanbally, Ghungalin, Quaenbeyan, Majura, Tidbinbilla, Namadgi Woolongong, Ipima, Geeraween.... en so kan ons aangaan. My algemene afleiding is dat dit uit die Inheemse mense (Aborigine) se taal kom.
Die name klink egter baie meer kleurvol as wat die plek self is. Verlede somer was die eerste nat een na sewe maer jare van Verskriklike droogte. Dit het blykbaar regtig byna niks gereen behalwe sulke stofnat-buitjies vir die sewe voorafgaande jare nie. ‘n Mens kan werklik die effek daarvan nounog op die tuine en parke van die stad sien. Die bome is ook regtig nie iets wat die gemiddelde Suid-Afrikaner geweldig opgewonde sal maak nie. Meestal so ‘n donker Vaal-groen kleur, en nie baie dekoratief nie. Soos julle seker weet is Oz meestal bekend vir sy Eucalyptus bome. Daar is bv een plek in die botaniese tuine waar mens op so ‘n oop piekniekplek kan staan en op een slag 72 spesies Eucalyptusbome kan sien. Altesaam is daar oor die 600 spesies. Die koppie hier reg oorkant ons huis is heeltmal oortrek met ‘n seker spesie. Die donker-groen bome staan so dig opmekaar dat dit swart lyk. Gevolglik is die kop se naam Black-mountain. Dan is daar die Blue Mountains. In New South Wales, maar steeds naby ons.‘n Gunsteling vakansie-destinasie vir baie, amper soos onse mense Drakensberge toe sal gaan vir ‘n vakansie. Sover klink die lot maar baie onkreatief met hulle naamgewing nê? Maar laat ek julle vertel. In die laatmiddag hang die “Eucaluptus-olie” in klein partikels so dig in die lug bokant die blue mountains, dat die van ‘n afstand af werklik blou vertoon. Die dat dit toe nou “Blue Mountains” heet.
Canberra staan juis bekend as die Bush Capital. En ek moet se dit maak dit vir my baie mooi. Oral waar mens by ‘n koppie of ‘n oop stuk skuinste verbyry, staan daar jong boompies met beskermende paaltjies en seil om. Om dit te beskerm teen die winde en koue. Hulle beplant en beplant. Ons het ook sommer twee arboreutums.Eending wat ek nogals lag oor kry is die Wattle. As ek dink aan “wattle” dan dink ek aan die uitroeings-ekspidisies van die voortrekkers. Ai daai black wattles wat Pretoria so vervuil! Hier is dit egter...hou vas aan julle stoele... die nasionale blom. Ja daai goudgeel blomme is ons nasionale blom. Ek wens hulle het dit maar gelos soos dit was (tot drie jaar terug) toe die Waratah ons nasionale blom was. DIt is nou ‘n mooi bleom, lyk baie soos die protea. Geharde rooi blom, pragtig.
En dan weet julle natuurlik dat hierdie plek in ‘n sprokiesparadys verander oor Herfstyd. Duisende bome, elk met sy eie herfskleur. DIs werklik besonders.Genoeg nou eers oor die dorp, ekskuus stad..uh, hoofstad.
Kom ek vermaak julle deur julle voor te stel aan die mense in my nuwe kantoor. Ons begin dan maar by die voordeur en werk onsself deur na die agterkant van die kantoor toe.
Die kantoor is verdeel in twee dele. Fisies ook in twee dele maar heeltemal accessible van albei kante af... die grils in die Pepperment Room het net hulle eie voordeur met signage op.Die argitekskantoor (Small Qinton Coleman Architects... of soos hulle praat SQCA) en die Interieur ontwerp kantoor ({welcome to} the Peppermint Room... gebruik husky voice hiervoor). By SQCA is daar die twee kantoor-personeel-dames, twee direkteure, Een senior Architect, drie graduate Architects en EKKE. Net ek en die k-dames is van die vroulike geslag EK is nie eintlik seker waar ek inpas nie behalwe dat ek nie meer deurgaan as Graduate nie, want ek was darem al in my lewe geregistreer (erens in die derde wereld ja) maar mag ook nie myself architect noem nie, want ek is NIE by die AACA geregistreer nie.Die belangrike registrasie deel is ok steeds ‘n nagmerrie... maar vir ‘n ander dag. Suffice to say... dis nie net papierwerk nie, en hulle dink niemand anders is heeltemal so bekwaam as hulleself (lees “ons werklik oulike Aussies”) nie.
Die dames: Miss Gravity en die RSM. Almal wat erens in hul lewe tedoene gehad het met die weermag sal weet dat ‘n RSM nie die mees geliefde outjie op die basis is nie. Hy praat hard, afgemete en is IN BEHEER!! So ook ons geliefde Anette... aka Office Manager. Geez... sy’t een van daai oorstukke wat soos die Bluetooth-oorbelle lyk wat die ouens hier aan die beginjare in SA met hulle selfone gebruik het. So loop sy ( nee march) deur die kantoor en begin net skielik hier langs jou praat (nee bulder), dan het sy maar net die foon geantwoord. Sy’s nie so sleg nie, maar gaan gelukkig einde van die maand weg, en ek hoop ons kry dan iemand wat my nie soos ‘n skoolmeisietjie sal aat voel nie. Selfs by die Prayer meeting Maandag-oggend het ek gevind dat wanneer sy met die Here praat verander haar styl ooknie. Gelukkig kan niks Hom intimideer nie!
Miss Gravity het biki probleme met genoemde Gravity. Alles sak af na die gedeelte tussen die knieë en die diafragma. Tog snaaks, ek het 'n dubbelken, en bol-wange, en flabby bo-arms, maar party mense raak net op een plek rond! Shame Sy is die dierbaarheid van self, maar jy wil nie saam met haar in die kombuis betrap word nie. Al die massas maak dit blykbaar moeilik om die “lug” binne te hou. Sys is ook nie ‘n “miss” nie, maar ek is seker sy is jonger as ek, alhoewel haar tienerseun, ek skat hom so 16, nou al ‘n paar dae saam met haar kom om te help met die Archiving. Ai die omslagtige en presiese maniere van doen, maak dit moeilik vir eens mens om deur alles te kom.
Dan is daar die ander manne Softly, Murray ek weet nog nie so lekker van hom nie, Arnie- Soos in Arnold Schwarzenegger, Herr Hahn, Flynn McMissile, en ...good onya Darren!!! Die girls langsaan is : Atomic Bomb, Psycadelic Flower, en dan is daar Penny en Katrina wat net nou-en-dan gesig wys.
Softly: Ook bekend as Rick Small. op die oogaf definitief ‘n soeitjies-p@#P soos die oumense gesê het. Mens kan miskien sê, small-ly spoken eerder as softly spoken. Die man praat sooo saggies en versigting. Maar hy lyk heeltemal in beheer...
Murray: Die ou gee my biki die jitters. Het doktorsgraad in Arch en is advanced gekwalifiseer as Access-consultant. Dis nou iemand wat weet hoe die toeganklikheid vir gestremdes van ‘n gebou opmeet teenoor die re-gu-la-sies. Ai die eeeewige regulasies. Hy is in sy vyftigs soos die ander ou, spierwit grys, dra sy hare kort-pennetjies en ry motor kompleet met tailfin, dropped suspention en front-rear-spoilers. Trek verkieslik swart aan, ek verkies dit ook so omdat hy soos ‘n spook lyk in room, soos vandag, want ALLES is wit. Die ligte vel en deurskynende blou oe help ook nie. Hy is biki moeilik, en biki van ouman. nHy en Arnie het mekaar juis gister amper hier voor ons almal biki gevat. Moeviese clash of personalities.Arnie: Die ou onder wie se vlerk ek my (onwille)keurig bevind. Duitser van geboorte maar sien homself as Austrian, waar hy grootgeword het. Bly vyf jaar in Oz, met Tasmanian vroutjie getroud, Mr. Know-it-all, oftewel Know it HOW. Maar hy het eintik maar soos alle Duitsers maar net die inklenasie om dinge op die “REGTE” manier te wil doen (volgens hom). Dit is nou juis waaroor die byna-onderonsie gegaan het. Hy het darem ook ‘n sagte hart. Het bv. Vir my ‘n kamera persent gegee, toe hy hoor ek het myne laat val en het nou niks. Hy kom sommer die volgende dag hier aan met Petntax, miken druk, kompleet met kabels en die lot. Sê dis sy oue, hy het hom nie meer nodig nie. Nice nê.
Herr Hahn:Klien Duitse mannetjie. Praat net wanneer mee gepraat word. EN antwoord dan in enkel-woord-sinne. Fikse fanatikus en ry in die -5 oggendure, 20km per ren-fiets werktoe. Verklee dan rustig en werk voort in sy snyers-jeans en swartraam-brilletjie.Flynn...soos in “Flynne McMissile” van Cars faam. Met ‘n naam soos Asley Martin...wat klink soos Ashton Martin... laat hy my daaraan dink. Ook ‘n smooth operator... ook heeltemal TE konsensieus... veral met die toepassing van die re-gu-la-sies!!!
Good-onya-Darren...Soos die naam sê: Good-onya. Lyk biki soos Pinnochio, en was voorheen “used car-salesman” van Subaru’s. Nou hard aan die werk om “voor te kom” in die kantoor. Julle ken mos sulke mense.Atomic Bomb:... kleine Gemma. 1,5 bakstene hoog... en die stem en chutzpah van ‘n amasone. Ek kan maar net verstom staan. Sy is 27, maar regeer die interieur-kantoor soos aantie Margaret vanmelewe.
Psycadelic Flower: Beweeg deur die kantoor soos ‘n giraffe, met die haredos van ‘n garden-variety “fox”. Bloed-bloed-rooi. Vyftien-lae ooggrimering en dromerige styl van praat. Herinner sterk aan Phoebe van “Friends”..... (Ja daar is nou die negentiende re-run daarvan op ons plaaslike stasie)....streetsmart, ditzy en biki van ‘n hippie.Nou dis die lot.
Ek het verlede week my eerste “Presentation” gegee. Op Ingels I’ll have you know. En Arnie het my daaroor gekomplimenteer. Soos Herman sê, ag as hy maar moet weet watter Afrikaanse-ouman-heethoofde van ‘n kerkraad jy moes deurwerk sal hy regtig lag. Die voorlegging ( ja baie ernstig) was vir die opgradering/herinrigting van ‘n skool kantien-cum-snoepie-cum-kombuis. Wow. Maar ek was dan glads senuwee-agtig. Ha-ha. Gelukkig is dit nou klaar, en het goed afgeloop. EK en Arnie vind mekaar al amper, en ek is heel tuis by die werk. Ek wil net noem dat Menlopark ‘n groot indruk op my gelaat het: EK het ‘n spesiale klein kamertjie ingerig wat na die gang toe oopmaak sodat die kinders soos hulle terug –inkom van die speelgrond af, hulle plastiek goeters kan herwin in die spesiale houers. Trots op my?
Verder is daar nieks nuwe nuus nie. Tot later...H
1 comment:
O ek het hierdie so geniet - vriendin jy het 'n talent vir skryf.
EK si bly jy en Arnie vind mekaar - hy klink na jou beste "allie" in die kantoor.
OP die vriendinne front weet ek nie hoor -maar die interior girls klink baie interessant.
Post a Comment