Tuesday 9 August 2011

ek MIS dit en mis dit NIE ek Mis dit

Nie te lank nadat ons weg is en hier aangeland het nie, het ek eenkeer vreeslik selfvoldaan vir my ma geskryf dat ek regtig niks mis behalwe die mense waarvoor ek so lief is nie. In haar groot wysheid merk sy toe op dat ek miskien moet stadig met wat ek mis en wat nie. ..“Gee tyd my kind”. Ja en daar sit ek nou. Riette het vir my geskryf ( ja Pretoria... as jule al ooit gewonder het of dit kan sneeu daar... daar is nou ‘n kans) en gevra: Wat mis jy en wat mis jy nie? Dit was enigmatiese woorde, want dit het my kwaai  aan die dink gesit. Noudat ek gedurig ingedagte is het ek besluit om te begin neerpen... en hier volg dit.

Wat mis ek:
ek mis Afrikaans
ek mis...
·         My huis, met wye oop areas, baie lig, groot kombuis, spenskas, dubbeldeure, bay-windows, tuin...stop! STOP!
·         Die grasperk...however klein
·         Lettie, nie vir die werk nie, vir die gesels, sy het my lewe wyer gemaak, sy is 'n amazing Christen.
·         Constantia Market Gardens... met Maria (my friend!!) Albert, John... en hope vars groente en vrugte, veral stroopsoet pyn appels, spanspekke, beet en Piesangs. Die pynappels hier is meestal suur. Die beet kos hulle gewig in goud, en die piesangs kos so R110,00/kg. Die rede vir die duur prys is die vloede in Queensland wat in Januarie bykans al die piesangplantasies uitgeroei het.
·         TAB, Water hier is lekker soet en drinkbaar.... maar Herman was mos maar kwaai oor sy “black gold”
·         Newlands Spar. EK het presies geweet waar is alles. DIt was so bekend, en ek het die mense wat daar werk geken, en hulle vir my, ons het altyd lekker gegroet!
·         Die uiters vriendelike dierbare swart manne daar by WaterGlen Postnet, waar ek al my stationary en printwerk gedoen het. Daar was altyd ‘n grappie, ‘n geselsie.
·         Menlopark Laerskool... en veral die lekker kuiers en gesels by die herwin, rooshek, bid-groep, en die juffrouens. Die swembad wat my laat dink aan somer.
·         Die reuk van die grasperk as dit gesny is deur liewe Gabriel, ja en hom ook.
·         Braaivleis... en alles wat daarmee gepaard gaan, veral Groenkloof Boerewors.
·         Ek mis Ocean Basket, Cappucinos, Tennisbeskuitjies en Mr.Sweet Nougat.
·         Ek mis Woolies vir kos, klere en veral kinderklere. Mr Price Home, Pepstores.
·         Ek mis Sarie-Kos, Idees-tydskrif,  Radio 702, John Robby, David O'Sullivan en selfs Jacaranda, veral Diane en Darren soggens... ek mis 'n sin vir humor
·         Ek mis die BlouBulle....daai gesigte wat soos eie vriende voel... Victor, Morne, Wynand... gits ek mis selfs ‘n paar Stormers en Sharks-gesigte!
·         Ek mis die aanddiens by Oosterlig, N.C. se Band.
·         Vol sinne met vol woorde: hierdie een verdien sy eie skrywe!
·         Politiek... by die kerk, die skool, die kantoor  in die land...ag noem dit!
·         My grootgenoeg ingeboude kaste en ruim en-suite badkamer.
·         My kinders se slaapkamers.
Wat/wie ek die meeste mis:
My mense, my ouers, my familie, ons vriende en my  vriendinne, my kinders se maats, en hulle ouers, en die swemmers se ouers, die mense in die gemeente, Herman se kollegas en die kerkkantoor-personeel, tannie Magdaleen en Tannie Janine.

Wat mis ek nie:
·         Die beams wat altyd gestel moet wees.
·         Die vullis wat net SOMS gehaal word, of soms vir ‘n paar ekstra dae daar staan
·         Die sluit agter jou,konstant.
·         Liewe Julius...
·         Fotos van dooie Renosters met gapende, bloedlopende  wonde aan hulle snoete en oumense wat huil deur blou en bloedbelope oë oor ‘n lewensmaat se dood.
·         Die tydig-en-ontydige gelui vban die voordeurklokkie, en dan staan daar een van die gereelde en soms net ‘n totale onbekende gesig van ‘n bedelaar, met of sonder ‘n lys. Nie dat ek omgegee het om te help nie, net dat daai gevoel van hulpeloosheid en die weersin om gekonfronteer te word met ander se hulpeloosheid midde-in jou goed-voorsiene lewenstyl....en die onwete of dit help of vererger?
·         Die taxis wat ‘n bestuurstyl van hul eie het.
·         Die pretensie van Pretoria-Oos
·         Die gedurige hoop dat daar weer ‘n job sal inkom.

Wat ek gaan mis as ek die dag Canberra moet verlaat:
·         Heldergroen, -blou en –rooi pappegaaie in die bome van my “tuin”. Groot vet wit Cockatoos met geel kuiwe wat vreeeeslik raas as hulle vlieg, ons eie hadedas.
·         Mense wat net so total en al “oor hulself gekom het”...wie gee om as jy in jou knypbroek wil loop, of ‘n hoed en pak wil dra soos my oupa het en dan ‘n pienk stootwaentjie wil stoot vir vyf kilometer, of daai ou wat sneeuski’s met wiele onderaan gebruik en homself op die fietspad werk toe “roei”.
·         Ziplock sakkies in ELKE grootte.
·         Die pas en wetsgehoorsaamheid op die pad en die verkeer (eintlik gebrek daaraan).
·         Aldi... my supermark.
·         Fietse... baie daarvan, vinnigers, stadiges, die met stoeltjies vir babas op, die met klein sleepkarretjies aan waarin kleuters saamry.... en hulle is veilig... niemand gaan hul platry nie... selfs op die snelweg.
·         Flat whites...filterkoffie met warm gestoomde melk...iets tussen 'n latte en Cappucino
·         Sentrale “ducted Heating” in die huis.
·         Commomwealth Bridge
·         Herfsbome
·         Geskeide vullisblikke
·         Katie...die blou Holden Zafira
·         Die feit dat dit o.k. is om te vergeet om te sluit
·         ‘n Halfdag-vyfdag-kantoorwerk.

Geezz louiiize.....EK beter nou stop en raak neuroties. Seeyalada. H

3 comments:

cat said...

Ag jy maak my dag vandag met jou blog hoor! En ja, Katie se sussie, Huberta geniet ek ook. En ek hoor daar is so baie ziplock sakkies. Hier gaan ek maar plastic warehouse toe vir dit.

En ek is baie opgewonde oor Menlop Park volgende jaar.

Lucille said...

Dol, maar jy's op die bol met jou blog, ek is BAIE beïndruk! Verseker is daar geen gebrek aan skryftalent nie, jy moet beslis 'n boek of drie skryf.

Lucille said...

Dol, ek is BAIE beïndruk met jou blog! Jy het verseker skryftalent, wat van 'n boek of drie of vier?